Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
paan s.nw. [geen meervoud] (Indies) betelblaar met daarin toegerol allerlei speserye, waaronder gekerfde betelneut, lemmetjie en ’n rooi stroop, as lekkerny wat ure gekou kan word: › Theba se familie was Moslem en die hele span kleinkinders was amper permanent in haar ouma se klein woonstel [in Fordsburg, Johannesburg]. Hier het hulle in die stowwerige jaart gespeel en stroperige paan geëet terwyl haar ouers probeer om hul winkel in die Oosterse Plaza (teen hemelhoë huur) te laat slaag (Deborah Steinmair oor Razina Theba se memoire, A Home on Vorster Street, Vrye Weekblad, 24 September 2021). › Indiese lekkernye was deur die eeue ’n gunsteling en het indertyd al ’n indruk gemaak op Jan van Riebeeck wat ’n groot liefhebber was van paan – wat as ’n Indiese-kougom beskryf kan word (Beeld, 29 November 2005). › Een neef, Salim, was almal se gunsteling en is tot in die afgrond bederf met lekkers en gebak. Sy paan was die dikste van die lot (Deborah Steinmair, Vrye Weekblad, 24 September 2021). ◌ ENGELS: paan
oudiobiblioteek
oudioblog
oudioblogger
oudioteek
ouerskaamte
oulapworsie
oumagroot
oupagroot
oupapoeier
ouroboros
ouskool
Outa
outismespektrum
outjie
outokefaal
outokefalie
outosefaal
outosefalie
outo-sensories
ovo-lakto-vegetariër
OWO
paaldans
paaldanser
paan
paartie
paddabeentjie
padel
padeltennis
padlangs
pak-choi
paksoi
palliatief
palmleser
palmplak
pamfletmooi
pamperlang
pandemikus
panglossiaans
paniekinkope
paniekinkopies
pannekoek=
pannekoekmens
panseksualiteit
panseksueel
panslaner
pantoniem
pap