Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 23 Januarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 312 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
oupapoeier s.nw. | oupapoeiers | (informeel, skertsend) bekende middel in die vorm van ’n poeier wat gebruik word om tydelike verligting te bied vir simptome soos hoofpyn, spierpyn en koors: › Boney M sing nou oral so blêrende hard die lammers kom van oral uit die veld uit aan en kerm so dat ons mekaar oupapoeiers moet gee as voorgereg by die braai (Jan Wolmarans, Vrye Weekblad, 22 Desember 2023). › Die gekla en gekerm oor kwotas in die Bok-span dryf my na oupapoeiers (Deon Bekker, Netwerk24, 28 November 2018).
oorsprong:
Van die handelsnaam Grand-Pa Headache Powders
oranje
Oranjeman
orgaanroof
organoïed
orka
ortofemisme
ôs
oshana
OSMR
ôsse
OSW
OTP
ouballie
ouboeja
ouderdomsdiskriminasie
oudiobiblioteek
oudioblog
oudioblogger
oudioteek
ouerskaamte
oulapworsie
oumagroot
oupagroot
oupapoeier
ouroboros
ouskool
Outa
outismespektrum
outjie
outokefaal
outokefalie
outosefaal
outosefalie
outo-sensories
ovo-lakto-vegetariër
OWO
paaldans
paaldanser
paan
paartie
paddabeentjie
padel
padeltennis
padlangs
pak-choi
paksoi
palliatief