Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
ouskool
♦ b.nw. | ouskoolse | op ’n ou manier of met ’n ou voorkoms, wat nie meer dikwels gedoen, gebruik of gesien word nie: › Amalia verwys na haarself as “ouskool”. “Ter wille van my gesin sal ek eerder ware tyd met hulle spandeer as op sosiale media met hulle konnekteer” (Sarie, September 2016). › Hierdie gasstoof lyk ouskool en het twee gasplate: een vir die spaghetti en een vir die bolognese. Dis gemaak van gietyster en sal dus vir ewig hou, maar is nogal swaar (Weg, November 2015). › Ons probeer om die ouskoolse ‘Power- Point’-manier van dinge doen, te vermy (Finweek, 18 Julie 2015). › Meer ouskool as dié sal jy nie kry nie (Weg, Mei 2016). › Kaapstad het altyd ’n uitstekende reputasie vir bootbouery gehad danksy sy enorme poel geskoolde vakmanne en ouskoolse ambagsmanne (Finweek, 20 April 2017).
◌ ENGELS: old-school
♦ woorddeel (ook soms, in plaas van die attributiewe vorm, moontlik na die Engels) › ouskool- : › ’n ouskool-winkel wat gehekelde doilies, jaffels, vars koeksisters en ou boeke verkoop › ouskool-woonwa-eienaars › ’n ouskool-kroeg met ’n donkerhouttoonbank.
orgaanroof
organoïed
orka
ortofemisme
ôs
oshana
OSMR
ôsse
OSW
OTP
ouballie
ouboeja
ouderdomsdiskriminasie
oudiobiblioteek
oudioblog
oudioblogger
oudioteek
ouerskaamte
oulapworsie
oumagroot
oupagroot
oupapoeier
ouroboros
ouskool
Outa
outismespektrum
outjie
outokefaal
outokefalie
outosefaal
outosefalie
outo-sensories
ovo-lakto-vegetariër
OWO
paaldans
paaldanser
paan
paartie
paddabeentjie
padel
padeltennis
padlangs
pak-choi
paksoi
palliatief
palmleser
palmplak