Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
pannekoekmens s.nw. | pannekoekmense | (figuurlik, informeel, neerhalend) iemand met slegs oppervlakkige kennis van dinge en wat weinig diepte van denke openbaar: › Prettige vermaak, goedvoel-ditjies en -datjies en die klein liefhebberye van die gees. Natuurlik is sulke dinge belangrik en gee ewewig aan die lewe, maar te veel daarvan is ’n gevaarlike abdikasie van die intellek. Dit kweek oplaas pannekoekmense – plat en breed gesprei, by voorbaat vermoei deur die langer woord, die verwikkelde sin en die deurdagte redenering (Wilhelm Jordaan, Netwerk24, 4 Mei 2022). ◌ ENGELS: dumbed-down individual | couch potato
outo-sensories
ovo-lakto-vegetariër
OWO
paaldans
paaldanser
paan
paartie
paddabeentjie
padel
padeltennis
padlangs
pak-choi
paksoi
palliatief
palmleser
palmplak
pamfletmooi
pamperlang
pandemikus
panglossiaans
paniekinkope
paniekinkopies
pannekoek=
pannekoekmens
panseksualiteit
panseksueel
panslaner
pantoniem
pap
papegaaislaai
papie
papier
papierblom
papierbrigade
papmasjien
parafilie
pareidolie
parrabeen
parrabeentjie
partjies
partner
partytjie
pasiënt
pasmaat-app
pata-pata
patatvatter
p-boek