Bygewerk op 14 Januarie 2022
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordewisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Januarie 2020 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag (WAV) bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

transnasionaal b.nw. | transnasionale |
1
wat oor landsgrense heen strek, of oor landsgrense heen aan mekaar verbind is: Na raming verlaat sowat 23,000 mense jaarliks ons land. Die familielede wat in Suid-Afrika agtergebly het, is nou transnasionale ouers en grootouers (Sulette Ferreira, Vrye Weekblad, 29 Mei 2020). transnasionale georganiseerde misdaad Indien die ouers wel betrokke is by die besluitnemingsproses en selfs deel is van die voorbereiding [van kinders wat emigreer], kan hulle hulself voorberei op die ingrypende keuse en dus deel word van 'n transnasionale gesin (Sulette Ferreira, Vrye Weekblad, 20 Desember 2019).ENGELS: transnational

2
met betrekking tot verskillende lande, of waarby mense van verskillende lande betrokke is: Sakebedrywighede het transnasionaal geraak, en almal wat daarby betrokke is, het gevolglik oor die wêreld heen versprei (Netwerk24, 13 Oktober 2016). Wat sou die rede vir die verskynsel van transnasionale ondersteuning en die “dislojaliteit” teenoor eie nasionale en plaaslike spanne wees? (Pieter Labuschagne, Netwerk24, 12 November 2019).ENGELS: transnational


 Nuut: Taal grondslag van kinders se grondslagfase (rubriek) | Woorde van 2021 (podsending)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2022 Jana Luther