Bygewerk op 14 Januarie 2022
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordewisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Januarie 2020 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag (WAV) bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

Trojaanse perd woordgroep | Trojaanse perde |Ook Trojaan
1
(a) iets wat bedoel is of wat gedoen word om ’n vyand of teenstander te ondermyn: Toe die kwessie van die nasionalisering van die bank die eerste keer bespreek is, het die Reserwebank dit as ’n Trojaanse perd beskou (Elvira Wood, Netwerk24, 5 Junie 2019). (b) iemand wat in die geheim ’n vyand of teenstander omver wil werp: Diegene vir wie die ou kennis nie meer werk nie, en hulle daaroor uitspreek, word maklik as verdag en [as] gevaarlike Trojaanse perde beskou, veral in die kerk (Chris Jones, Rapport, 2 Junie 2019 ).

2
Ook Trojaanse virus (rekenaar) weggesteekte funksie in ’n program wat ’n gebruiker op sy/haar rekenaar installeer, waardeur stelselindringers tot die rekenaar toegang kan verkry, skade kan aanrig en/of private inligting van die gebruiker kan bekom: Dit is ’n sogenaamde Trojaanse perd, wat in alledaagse gebruike, soos ’n aangehegte Word-dokument in ’n e-pos of in ’n kwaadwillige skakel in ’n e-pos skuil […] Sodra jy op die skakel of aanhangsel kliek, word sagteware op jou rekenaar afgelaai wat die virus toegang tot jou toestel gee en toelaat om nog indringerware te installeer (Petrus Malherbe, Netwerk24, 1 Maart 2019).ENGELS: Trojan horse

oorsprong:
Na die verhaal in die Griekse mitologie van die hol houtbeeld waarin Griekse soldate hulle versteek het om in die antieke stad Troje te kom.


 Nuut: Taal grondslag van kinders se grondslagfase (rubriek) | Woorde van 2021 (podsending)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2022 Jana Luther