Bygewerk op 14 Januarie 2022
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordewisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Januarie 2020 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag (WAV) bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

tsotsilitikus s.nw. | tsotsilitici, tsotsilitikusse | (informeel, afkeurend, neerhalend) politikus wat hom of haar skuldig maak aan gedrag wat gelykgestel word aan die soort gedrag wat ’n mens eerder van ’n tsotsi (= gewelddadige boef of bendelid) sou verwag: Dis nie net die tsotsilitici wat ons aandag hou nie. En daar wil nie ’n dag verbygaan dat die man met die hoed die volk tegelyk dreig én loof nie (Martie-Retief Meiring, Netwerk24, 8 Julie 2021). Dié week was ons tsotsilitici die groot nuus (Netwerk24, 2 Julie 2021). ’n Boewekrasie is ’n mafiastaat waarin die boewekrate, of tsotsilitici in Suid-Afrika, “misdaad wetlik maak, om alle paaie oop te maak vir die megaskaal van finansiële misdaad wat net moontlik is deur staatskaping” (Hans Pienaar, Vrye Weekblad, 26 Februarie 2021).ENGELS: tsotsi politician

 Nuut: Taal grondslag van kinders se grondslagfase (rubriek) | Woorde van 2021 (podsending)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2022 Jana Luther