Bygewerk op 14 Januarie 2022
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordewisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Januarie 2020 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag (WAV) bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

twansie ww. | het getwansie | (informeel, streektaal) meegee; in duie stort; instort; omval: Daar is ook ’n prentjie van iemand wat lyk soos die Pous in een van Vader Trommelbach se skilderye, en ’n geraamte met ’n sens. En dan is daar ’n ou wat aan sy een voet hang, en ’n toring wat lyk of dit gaan twansie (George Weideman, Draaijakkals). En met die leunery voel hy dat die ou karretjie allervreesliks rittel en beef. En hy dag nog iets is nie heel reg gestel nie en dat dit die oorsaak van die swaar vat was, toe twansie die kas. Toe’s dit al die tyd die lendelamheid van die kas wat vir die onvastheid verantwoordelik was (Jan Spies, “’n Mis-gissing”, https://bit.ly/3091dJR). Terwyl ek in Upington gewoon het, het mense dikwels die woord “twansie” gebruik. Dit is baie wyd aangewend. Bv ... “my bakkie se vergasser het getwansie”. Verder ... “my bankrekening is besig om te twansie ...”. Ken iemand dit en indien wel, is die woord afgelei van iets anders? (Bennie Jordaan in die groep “Argaïese Afrikaanse uitdrukkings is cool!”, Facebook, 7 Mei 2019). “Twasie” is Nama vir iets wat gekalf het soos in ‘die gees gegee’ ... As ek dit nie mis het nie word dit sonder die “n” geskryf maar effe nasaal uitgespreek ... (Marius Visser in die groep “Argaïese Afrikaanse uitdrukkings is cool!”, Facebook, 7 Mei 2019).ENGELS: collaps | cave in | fall down

 Nuut: Taal grondslag van kinders se grondslagfase (rubriek) | Woorde van 2021 (podsending)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2022 Jana Luther