Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
PIMS-TS afk. [afkorting van pediatriese inflammatoriese multisisteemsindroom] seldsame sistemiese afwyking by kinders gekenmerk deur aanhoudende koors en ernstige ontsteking ná blootstelling aan EARS-CoV-2, die virus wat verantwoordelik is vir COVID-19: › PIMS-TS, ’n nuwe kindersiekte wat erge koors, ontsteking en hartkomplikasies veroorsaak, is nou een van die aanmeldbare mediese toestande in Suid-Afrika (Netwerk24, 16 September 2020). › PIMS-TS is gediagnoseer by kinders wat almal positief getoets is vir EARS-CoV-2 of vir EARS-CoV-2-teenliggaampies. Die nuwe siekte se simptome stem ooreen met dié van Kawasaki-sindroom in kinders onder vyf jaar (Jana Marx, Netwerk24, 15 Mei 2020). ◌ SINONIEM(E): multisistemiese inflammatoriese sindroom in kinders ◌ ENGELS: paediatric multisystem inflammatory syndrome | PIMS-TS | multisystem inflammatory syndrome in children | MIS-C
KYK OOK: PIMS
pers
persentasiepunt
persoon
persoonlikheid
pesketariër
pesketarisme
pestemal
phishing
phola
picklebal
pieksel
piemp
pieng
pienggereg
pienk
pienke
pienkoog
pienkvoet
piepie
pikkel
pikkelbal
pikosatelliet
PIMS
PIMS-TS
piñata
piñatakoek
Pinyinsisteem
pirocumulonimbus
pirocumulus
pirokonveksie
pis
pissie
pitaja
pizzapastei
PK
PKR
plafon
plak
plakker
-plakker
plantgebaseer
plastiekboekanier
plastiekeiland
plastieksop
platinum
platkos
pleknaam