Woordeboek van Afrikaans Vandag

Bygewerk op 20 Junie 2025

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Soek in:

persoonlikheid s.nw. | persoonlikhede |
ENGELS: personality

Die woord persoonlikheid is ’n afleiding van persoon. En persoon is van Latynse herkoms. Die Latynse bronwoord is persona. En hierdie Latynse woord het self ’n baie interessante geskiedenis.

Die betekenis “individu” is ’n veralgemening van die Latynse betekenis “akteur”. “Akteur” is ’n geassosieerde betekenis: Die Romeinse akteur het ’n masker gedra, en persona was die naam vir dié masker. Maar ook “masker” is ’n geassosieerde betekenis: Die Romeinse akteursmasker het ’n mondopening gehad waardeur die akteur gepraat het. “Mondopening van ’n masker” is die ouer betekenis van persona.

Maar nog is het begin niet. Dié persona kom van die woordgroep per sona, en daardie per sona beteken “deur die klank”. En so kom ons volsirkel: Persoonlikheid, persoon handel in wese oor die klank agter die masker, die klank agter die masker wat die akteur vir die wêreld voorhou.

Die naamwoord persoon verdring deesdae, onder Engelse invloed, die naamwoord iemand. Hierdie tipe verkeerde taalgebruik vind mens in konstruksies soos: ’n Persoon sê nou die dag vir my ... As jy ’n persoon wil kwaad maak, praat net sleg van sy ma.

Die gewone Afrikaans was al die jare: Iemand sê nou die dag vir my ... As jy iemand wil kwaad maak, praat net sleg van sy ma.

Nog ’n naamwoord wat, onder Engelse invloed, iemand en mens opdraand gee, is individu. Mens tref dit aan in sinne soos: ’n Individu wat stemgeregtig is, sal ’n identiteitsbewys moet voorlê. Ek vra dit toe vir ’n individu in die voorste ry. Supermarkte word al meer masjiengerig, in plaas van individugerig.

In gewone Afrikaans was dit al die jare: Iemand wat stemgeregtig is, sal ’n identiteitsbewys moet voorlê. Ek vra dit toe vir iemand in die voorste ry. Supermarkte word al meer masjiengerig, in plaas van mensgerig.

Engels het eintlik net twee woorde wat die betrokke begripsveld beset: “person” en “individual”. Afrikaans het vier: persoon, individu, iemand en mens.

Individu het net so ’n interessante etimologie. Ons kry dit via Nederlands via Frans uit Latyn. Die Latynse woord individuus beteken “onverdeelbaar”. Dit is afgelei uit in-, “nie”, en die werkwoord dividere “verdeel”.

Cicero het individuus gevorm na aanleiding van die Griekse atomos, wat ook etimologies “nie snybaar nie” beteken.

Vandag weet ons dat die Grieke verkeerd was. Mens kán die atoom splits. En Cicero en die ander Romeine was ook verkeerd. Individue kan ook splits. Dan het hulle gesplete persoonlikhede.

En daarmee is ek terug waar ek begin het: by persoonlikheid. Dit is eenvoudig hoogdrawend om van persoonlikheid te praat waar persoon net so sou deug. Pieter-Dirk Uys is byvoorbeeld in die vermaaklikheidswêreld nie ’n bekende persoonlikheid nie, hy is ’n bekende persoon.

Ons gebruik in gewone Afrikaans persoonlikheid as ’n sinoniem nie vir mens of persoon of karakter of individu nie. Ons gebruik persoonlikheid eerder as sinoniem vir “opvallende samestel van karaktertrekke”. So sê mens byvoorbeeld: Pieter-Dirk Uys het hope persoonlikheid.

Johan Combrink
Taalgereedskap: Die Burger, 14 Februarie 1994 © Netwerk24
In die Woordeboek van Afrikaans Vandag opgeneem met toestemming.  



Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word dit in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Jy kan ook met spesiale karakters soek. Kyk hier onder.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Artikels, rubrieke en ander bydraes van 2025

Bolmakiesie van woke (LitNet)

Apeneutjies en katjiebotter vir die slimjanne (Netwerk24)

Gril jy jou ook dood vir ’n klamhandjie? (Netwerk24)

Sal jy die toets kan slaag om te wys jy is mens? (Netwerk24)

Alle konings is kêrels, maar nie alle kêrels konings nie (Netwerk24)

Dalk is die pyn in jou hande whatsappitis (Netwerk24)

As jy meer van jou hond hou as van mense (Netwerk24)

Verwaand is nou verwant aan waansin (Netwerk24)

Japie my skapie moet dalk liefs ’n kraak maak (Netwerk24)

Weet jy wat is die agtste ‘bot’ se betekenis? (Netwerk24)

Taalgoggas wat baie laat struikel (Netwerk24)

Jana se reis met woorde (Afrikaans100)

● Oor bottels, flesse, vate, kuipe, balies ... (RSG)

Welkom in die tyd van die Soetkoek-eters (Netwerk24)

So maak jy met ’n motor wat in die modder sit (Netwerk24)

● Oor kalbasse en kruike en ander holgoed (RSG)

Besigtig die volledige lys taalrubrieke, podsendings en nog ander blogs en artikels hier.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2025 Jana Luther