Bygewerk op 14 Januarie 2022
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordewisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Januarie 2020 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag (WAV) bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

ukuthwala s.nw. [geen meervoud] (Xhosa) tradisionele gebruik van ’n meisie of jong vrou te ontvoer om met haar te trou: P. Madokwe en P. Mbanjwa het voorgestel dat tradisionele praktyke soos ukuthwala (gedwonge huwelike), ukungenwa (waar ’n weduwee gedwing word om met haar oorlede man se familielede te trou), en selfs waar kliënte weier om sekswerkers vir hul dienste te betaal, ook as seksuele oortredings in die wetsontwerp geklassifiseer moet word (Llwellyn Prince, Netwerk24, 10 November 2020). [Die] staatsaanklaer het aangevoer dat die slagoffer, ’n 14-jarige meisie, in Desember 2011 van Mount Fletcher in die Oos-Kaap naby die Lesotho-grens na Kaapstad “verhandel” is. Dit word in die Xhosa-kultuur ukuthwala genoem wanneer ’n jong vrou aan ’n man verhandel word om te trou (Jana Breytenbach, Netwerk24, 24 Junie 2020). Ukuthwala is ’n oeroue tradisie wat behels dat ’n meisie ontvoer word om ’n bruid te wees. Dit word met haar toestemming gedoen, soms ook om die bruidegom die betaling ’n stewige prys vir ’n bruid te spaar. Niks is gefinaliseer totdat sekere rituele uitgevoer is nie. Nietemin het die departement van maatskaplike ontwikkeling ’n ontstellende neiging opgelet waar weerlose meisies uit ’n arm agtergrond ontvoer word vir die uitsluitlike doel om seks te voorsien en huishoudelike pligte vir ouer mans uit te voer (Netwerk24, 15 September 2017).ENGELS: ukuthwala
KYK OOK: thwala


 Nuut: Taal grondslag van kinders se grondslagfase (rubriek) | Woorde van 2021 (podsending)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2022 Jana Luther