Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
palliatief
♦ b.nw. | palliatiewe | wat ingestel is op palliasie – die verligting van die simptome, veral pyn, van ’n terminale siekte – wanneer die oorsaak van die toestand nie meer behandel of genesing bewerkstellig kan word nie: › Met Jeremy Mansfield in die rondte is daar selfs humor in ’n palliatiewe sorgsaal (Hanlie Retief, Rapport, 14 Augustus 2022). › Die wetsontwerp verwys [...] na die reg op privaatheid van mense wat dagga vir medisinale redes as ’n palliatiewe middel wil gebruik (Liana Mocke, Netwerk24, 27 Mei 2022). ◌ SINONIEM(E): pynversagtend ◌ ENGELS: palliative
♦ s.nw. | palliatiewe | pynversagtende middel of behandeling, wat palliasie teweeg bring. ◊ (ook figuurlik): › In uitvoering van haar populistiese beloftes skaf sy eerstens die Grondwet af – die Grondwet wat immers “niks gedoen het vir die armes nie, behalwe as ’n palliatief” (Netwerk24, 5 Februarie 2022). ◌ ENGELS: palliative
oorsprong:
Van Grieks pallium, mantel, en Latyn palliare, om met ’n mantel te bedek, met ’n mantel te omvou.
oupapoeier
ouroboros
ouskool
Outa
outismespektrum
outjie
outokefaal
outokefalie
outosefaal
outosefalie
outo-sensories
ovo-lakto-vegetariër
OWO
paaldans
paaldanser
paan
paartie
paddabeentjie
padel
padeltennis
padlangs
pak-choi
paksoi
palliatief
palmleser
palmplak
pamfletmooi
pamperlang
pandemikus
panglossiaans
paniekinkope
paniekinkopies
pannekoek=
pannekoekmens
panseksualiteit
panseksueel
panslaner
pantoniem
pap
papegaaislaai
papie
papier
papierblom
papierbrigade
papmasjien
parafilie
pareidolie