Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
oupagroot s.nw. [verkorting van oupagrootjie] [gewoonlik enkelvoud] (weinig gebruiklik)
Ook [as respekvolle aanspreek- of eienaamvorm] Oupagroot [dikwels hoofletter]
vader van iemand se oupa of ouma: › Ek het my bruin jas aangehad. Daar gesit. En gekyk vir die pragtige kind op my skoot, met sy rooi haartjies en bloue oë; soos sy oupagroot Davey (Marlene le Roux aan Hanlie Retief, Rapport, 5 September 2021). › Oupagroot vier sy 100ste (Pretoria Rekord, 21 April 2014).
◌ SINONIEM(E): oorgrootvader
◌ TEENOOR: oumagroot
◌ ENGELS: great-grandfather
KYK OOK: oumagroot
opwipwinkel
oranje
Oranjeman
orgaanroof
organoïed
orka
ortofemisme
ôs
oshana
OSMR
ôsse
OSW
OTP
ouballie
ouboeja
ouderdomsdiskriminasie
oudiobiblioteek
oudioblog
oudioblogger
oudioteek
ouerskaamte
oulapworsie
oumagroot
oupagroot
oupapoeier
ouroboros
ouskool
Outa
outismespektrum
outjie
outokefaal
outokefalie
outosefaal
outosefalie
outo-sensories
ovo-lakto-vegetariër
OWO
paaldans
paaldanser
paan
paartie
paddabeentjie
padel
padeltennis
padlangs
pak-choi
paksoi