Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
oorwurm s.nw. | oorwurms | (figuurlik, musiek) deuntjie/liedjie/wysie wat jy nie uit jou gedagtes/kop kan kry nie: › Die song is nogal lekker. Dis ’n oorwurm, en dis nie ’n slegte oorwurm nie. Sir Elton tokkel die klavier soos net hy kan, en hy en Ed sing mens sommer in ’n goeie bui in (Madeleine Barnard, Vrye Weekblad, 17 Desember 2021). › Die Disney-aktrise se debuutenkelsnit boer op die treffersparades en het al ’n paar stroomdiensrekords verbeter. En hoe dan nou anders. Dié oorwurm is deurspoel met ’n heerlike balans van emosie en aansteeklike melodieë (Franco Havenga en Jaco Hough-Coetzee, Huisgenoot, 5 Februarie 2021). › “Midnight Sky” is al ’n geruime tyd as ’n enkelsnit op trefferlyste, maar ná die album se vrystelling einde November vanjaar, is ’n vermenging van dié lied met Stevie Nicks se “Edge of Seventeen” die oorheersende oorwurm (Rozanne Els, Netwerk24, 31 Desember 2020). ◌ ENGELS: earworm
samestelling(s):
oorwurmtreffer: › Dis 2007. Die jaar van die eerste iPhone, Rihanna se oorwurmtreffer “Umbrella”, Britney Spears se senu-ineenstorting, die einde van The Sopranos, en die uitreiking van die laaste boek in die Harry Potter-reeks. (Rozanne Els, Vrye Weekblad, 5 Maart 2021).
omkyktwak
ondernemingsredding
onderwatertuig
ongeleide missiel
ongeleide projektiel
ongevuur
onsinverklikker
onthaasting
ontie
ontlaer
ontmeng
ontrommel
ontsmettingstonnel
ontsnapspel
ontwerpersbaba
ontwerpershond
ontwikkelingstaat
oondstad
oorbruggingstaal
oor-die-toonbank-
oorgang
oormaatsterftes
oorspanningsafleier
oorwurm
opeindig
opgetrek
opgie
oplaaispoed
Opod
oppervlakweb
oppie
oppotskaamte
opsikleer
opsitwerf
opskaal
opskiet=
opskiettent
opskietwinkel
opslaanwinkel
opsmêsh
opsmêsj
opsnol
optjommie
opvolginenting
opwentel
opwip-
opwipkanaal