Bygewerk op 27 April 2024

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Weekliks | Woordewisseling | Podsendings | Teksredaksie

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem deel aan ons leesprogram en help ons!

Getal trefwoorde vandag: 3 464

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

oorwurm s.nw. | oorwurms | (figuurlik, musiek) deuntjie/liedjie/wysie wat jy nie uit jou gedagtes/kop kan kry nie: Die song is nogal lekker. Dis ’n oorwurm, en dis nie ’n slegte oorwurm nie. Sir Elton tokkel die klavier soos net hy kan, en hy en Ed sing mens sommer in ’n goeie bui in (Madeleine Barnard, Vrye Weekblad, 17 Desember 2021). Die Disney-aktrise se debuutenkelsnit boer op die treffersparades en het al ’n paar stroomdiensrekords verbeter. En hoe dan nou anders. Dié oorwurm is deurspoel met ’n heerlike balans van emosie en aansteeklike melodieë (Franco Havenga en Jaco Hough-Coetzee, Huisgenoot, 5 Februarie 2021). “Midnight Sky” is al ’n geruime tyd as ’n enkelsnit op trefferlyste, maar ná die album se vrystelling einde November vanjaar, is ’n vermenging van dié lied met Stevie Nicks se “Edge of Seventeen” die oorheersende oorwurm (Rozanne Els, Netwerk24, 31 Desember 2020).ENGELS: earworm

samestellings:
oorwurmtreffer: Dis 2007. Die jaar van die eerste iPhone, Rihanna se oorwurmtreffer “Umbrella”, Britney Spears se senu-ineenstorting, die einde van The Sopranos, en die uitreiking van die laaste boek in die Harry Potter-reeks. (Rozanne Els, Vrye Weekblad, 5 Maart 2021).


Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word voorbeelde van die woord in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Rubrieke en podsendings van 2024

Word daar nog saans stories in jou huis vertel? (Netwerk24)

Dit is waar ’n babbeljoentjie vandaan kom (Netwerk24)

Dalk is dit nou tyd vir Red-’n-Woord-projek? (Netwerk24)

“Engels hou só Afrikaans se arms omhoog” (Netwerk24)

“Ek doen” (Netwerk24)

Afrikaans is ’n steentjie in die Afrikamosaïek (Netwerk24)

Luister mooi, stilbly is ook ’n antwoord (Netwerk24)

Die bouwerk wat ons help uitstyg (Netwerk24)

Dikdood of op ’n wilde perd die nuwe jaar in (Netwerk24)


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2024 Jana Luther