Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
nuus s.nw. [geen meervoud]
brekende nuus nuutste inligting oor gebeure/handelinge wat aan die gang is: › Die kanaal maak ruim gebruik van ’n span “digitale joernaliste” wat die sosiale media fynkam vir brekende nuus (Petrus Malherbe, Netwerk24, 2 November 2018). › Hier kry ek nie net vars, brekende nuus oor wat in Suid-Afrika en die wêreld gebeur nie, maar ek het ek ook toegang tot 11 tydskrifte (Kuier, 28 September 2018). › "Dit raak te veel. Die Inligting. Sosiale media en brekende nuus en die breë kerk van TV-advertensies – al die produkte waarsonder ek nie ten volle méns kan wees nie ... (Schalk Lourens van Empangeni, Rapport, 1 Oktober 2017).
◌ ENGELS: breaking news
NK
NLK
NMB
noem
noenoes 1
noenoes 2
noir
NOK
nommer
nomofobie
nonsens-antenna
noölogie
noösfeer
normaal
nottendêm
nottenwiel
NSFAS
NSTF
NT
nuata
nugter
NUK
nul
nuus
nuwetegnologie-mineraal
NVG
nwata
nyaope
nywerheidsomwenteling
nywerheidsrevolusie
objekseksualiteit
objekseksueel
objektofiel
objektofilie
objektum-seksualiteit
objektum-seksueel
OBK
OBSA
ODF
ODT
OECD
oek
oemf
oemie
oepsie
oesmaan
Oeso