Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
nyaope s.nw. [geen meervoud] (dwelmsleng) mengsel van heroïen, dagga en ander (na bewering soms ook antiretrovirale) middels wat gerook word: › (H)uise moet gebou word en lewens moet verbeter word sodat ons mense kan verstaan dat jong seuns en meisies nie deel moet word van die bendekultuur nie, dat hulle teen sonsondergang by die huis moet wees in plaas daarvan om op straat te wees en nyaope te rook (Philda Essop, Netwerk24, 27 Augustus 2019). › Die polisie het ook op ’n onbekende hoeveelheid heroïen, dagga, kokaïne, mandrax, nyaope en kokaïenkristalle beslag gelê (Netwerk24, 27 Augustus 2019). › W. sê nyaope is uiters verslawend en dikwels gebruik handelaars middels soos rotgif, swembadsuur of babapoeier om by te meng sodat hulle meer voorraad het om te smous (Isabel Venter, Netwerk24, 22 Junie 2018). ◌ SINONIEM(E): whoonga | wunga
noenoes 1
noenoes 2
noir
NOK
nommer
nomofobie
nonsens-antenna
noölogie
noösfeer
normaal
nottendêm
nottenwiel
NSFAS
NSTF
NT
nuata
nugter
NUK
nul
nuus
nuwetegnologie-mineraal
NVG
nwata
nyaope
nywerheidsomwenteling
nywerheidsrevolusie
objekseksualiteit
objekseksueel
objektofiel
objektofilie
objektum-seksualiteit
objektum-seksueel
OBK
OBSA
ODF
ODT
OECD
oek
oemf
oemie
oepsie
oesmaan
Oeso
Ôfrikôôns
oggendmens
okkapyp
Okosa