Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
normaal b.nw. | normale | [ook selfstandig]
› die nuwe normaal [soms ook met hoofletters] die tyd ná die uitbreking van die covid-19-pandemie: › Ons bel. Ons kuier. Ons doen alles buite. Kook op die vuur. Probeer dit gesellig maak. Maar die eienaardigheid van die Nuwe Normaal vat aan ons almal (Anneliese Burgess, Vrye Weekblad, 30 April 2021). › Hoewel die algemene situasie in komende maande kan verbeter, sluit die “nuwe normaal” die volgende moontlikhede in: herhaalde vlae van infeksies van wisselende omvang en erns oor ’n onbepaalde tydperk, wisselende vlakke van inperking, handelsbeperkings (spesifiek alkoholverkope), gemeenskaplike onrus en algemene toename in werkloosheid en verarming (Malcolm de Rouxbais, Netwerk24, 22 Februarie 2021). › Alle navorsing wys maskers, sosiale distansiëring en goeie handhigiëne is al wat werk teen die virus. Dit het my van die begin af verbaas hoe vinnig kinders aangepas het by dié aaklige nuwe normaal met maskers en handjies uitsteek wanneer ook al hulle ’n bottel sanitiser sien (Clarissa Martins, Kuier, 31 Januarie 2021). › Die “nuwe normaal” beteken ons het nou langer werksure en tog wil 67% van Suid-Afrikaanse beroepslui aanhou om van die huis af te werk, minstens die helfte van die tyd (Werner Wippenaar, Netwerk24, 12 Februarie 2021).
niebinêr
niekies
NIGSW
nikaab
nikkies
niksisme
Nios
nisboer
nisboerdery
njarra
NK
NLK
NMB
noem
noenoes 1
noenoes 2
noir
NOK
nommer
nomofobie
nonsens-antenna
noölogie
noösfeer
normaal
nottendêm
nottenwiel
NSFAS
NSTF
NT
nuata
nugter
NUK
nul
nuus
nuwetegnologie-mineraal
NVG
nwata
nyaope
nywerheidsomwenteling
nywerheidsrevolusie
objekseksualiteit
objekseksueel
objektofiel
objektofilie
objektum-seksualiteit
objektum-seksueel
OBK