Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
niebinêr b.nw. | niebinêr |
1 wat nie tot twee dinge of twee dele beperk is nie.
2 wat verband hou met of wat iemand is wat met ’n genderidentiteit identifiseer wat nóg heeltemal manlik nóg heeltemal vroulik is, of wat dié op so ’n manier uitdruk: › In die eerste boek het hulle ’n moord in ’n Engelse herehuis opgelos op hulle onkonvensionele manier en nou is Claire, Sophie, die adellike Sebastian en sy nie-binêre nefie, die supercool Alex, weer saamgegooi op ’n eiland wat wemel van spoke (Deborah Steinmair, Vrye Weekblad, 31 Mei 2024). › ’n niebinêre persoon › die niebinêre gemeenskap › Die transbeweging gaan lank nie meer oor ’n binêre denkwyse nie. Talle jongmense weier deesdae om “manlik” of “vroulik” te wees. Hulle wil bewustelik niebinêr wees (Izak de Vries, LitNet, 26 April 2023). › Ek identifiseer as man en glo in gelyke regte vir almal wat identifiseer as man, vrou en niebinêr (Izak de Vries, LitNet, 26 April 2023). › Die popster Demi Lovato wil nie meer as ’n vrou bekend staan of “sy/haar” as voornaamwoord hê nie. › Vervaardigers van die wetenskapsfiksiereeks Star Trek: Discovery het die reeks se eerste transgender- en nie-binêre karakters bekend gestel (Netwerk24, 5 September 2020). › Die Amerikaner het aangekondig dat “hulle” nou as nie-binêr identifiseer. Lovato verkies die voornaamwoord “hulle” om hulself te beskryf om daarmee die “vloeibaarheid wat ek voel in my geslagsuitdrukking die beste voor te stel”. Nie-binêr of genderqueer is ’n sambreelterm vir mense wat nie as manlik of vroulik identifiseer nie – identiteite wat buite die geslagsbinêr val. (Ross Michaels, Rapport, 23 Mei 2021). ◌ SINONIEM(E): genderqueer ◌ ENGELS: nonbinary | not binary
KYK OOK: tussenmens, genderqueer, LGBTQIA
3 van of wat verband hou met ’n getallestelsel wat nie 2 as basis gebruik nie.
neerslet
neksus
nemma
neologie
neoviralisme
Nersa
nestor
net
neurogiditeit
neurografies
neurokognisie
neurokognitief
neurolinguistiek
neuroplastisiteit
neusopslag
neweskade
NFC
NFHS
NFT
NGLD
NGV
NHLS
nie
niebinêr
niekies
NIGSW
nikaab
nikkies
niksisme
Nios
nisboer
nisboerdery
njarra
NK
NLK
NMB
noem
noenoes 1
noenoes 2
noir
NOK
nommer
nomofobie
nonsens-antenna
noölogie
noösfeer
normaal