Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
neologie s.nw. [geen meervoud] (taalkunde) gebruik van ’n nuwe woord of uitdrukking, of gebruik van ’n gevestigde woord of uitdrukking in ’n nuwe of ander betekenis (en die bekendstelling van sulke woorde en uitdrukkings in ’n taal): › Die neologie, die studie van neologismes, is in Nederlands ’n baie goed ontwikkelde terrein waaroor gereeld verskillende publikasies verskyn (Die Burger, 18 September 2000). ◌ ENGELS: neology
Mzansi
n.C.
naamgewing
naamsmiskenning
nabyheidsleer
NAD
namibifiseer
nanomateriaal
nanosatelliet
nargileh
narrie
nataal
natalis
natalisme
natalisties
natuuramnesie
nawete
NDOV
Necsa
Nedlac
neerslet
neksus
nemma
neologie
neoviralisme
Nersa
nestor
net
neurogiditeit
neurografies
neurokognisie
neurokognitief
neurolinguistiek
neuroplastisiteit
neusopslag
neweskade
NFC
NFHS
NFT
NGLD
NGV
NHLS
nie
niebinêr
niekies
NIGSW
nikaab