Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
muis s.nw. | muise |
◌ ENGELS: mouse
UITDRUKKING(S):
♦ ’n muis baar min van kom, min oplewer of slegs ’n geringe gevolg hê: › Voor 1994 was daar die vrees dat regse terrorisme die nuwe demokrasie sou kon kelder. Dit het toe ’n muis gebaar (Max du Preez, Vrye Weekblad, 10 November 2023). › Ter wille van die vreedsame voortbestaan van almal hoop ek dat daar werklik iets goeds hiervan sal kom en dat die poging nie weer ’n muis sal baar nie (Frikkie Sutherland, Volksblad, 17 April 2023). › Die farmaseutiese bedryf is sat daarvan om derduisende in antibiotiese navorsing te pomp wat telkens ’n muis baar (Die Burger, 11 Mei 1998).
moesallie
moesie
moesiemond
moffie
mogodu
mojito
molla
mompelment
mond
mondboog
mondkappie
monument
moordvis
mosaïeklandbou
moskombers
motjiekok
motorfiets-ambulans
motswako
mozzarellabolletjies
MPD
MRK
mRNA
mu'assel
muis
muishondstaat
muishondstatus
multifaktorverifikasie
multiheelal
multimorbiditeit
multitaakverrigting
multitask
multiversum
multiwerktuig
Münchmeyersiekte
munisifaliteit
musiekstroomdiens
muur
mx
my se
Mzansi
n.C.
naamgewing
naamsmiskenning
nabyheidsleer
NAD
namibifiseer
nanomateriaal