Bygewerk op 4 September 2021
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordwisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Oktober 2019 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

superverspreider s.nw. | superverspreiders |
1
mens of dier wat met 'n virus besmet is en dit aan ’n klomp ander mense of diere oordra: Kinders se virale lading is laer as dié van volwassenes [...] Dit is dus minder waarskynlik dat kinders superverspreiders sou wees (Elsabé Brits, Vrye Weekblad, 5 Junie 2020 ). Die virus versprei buitengewoon vinnig. Party draers word selfs beskou as “superverspreiders” (A. le Roux, Volksblad, 27 Maart 2020).

2
plek waar ’n klomp mense gevaar loop om met ’n virus besmet te word: Die regering se hoofraadgewer oor Covid-19 het [...] gewaarsku twee supermarkte in Kaapstad het vinnig groot brandpunte meegebring en in “superverspreiders” ontaard (Dawie Boonzaaier, Rapport, 31 Mei 2020). Die gebedsaamtrek [...] het een van die onwaarskynlike eerste geleenthede in Suid-Afrika geword wat ’n superverspreider van die virus was (Adri Kotzé, Vrye Weekblad, 29 Mei 2020). Taxi’s wat nou daarop aandring om (minstens) hulle volle passasierskwotas te behou, gaan die voorste superverspreiders wees (Max du Preez, Vrye Weekblad, 17 Julie 2020). | ENGELS: superspreader

samestellings:
superverspreiding: 'n Epidemioloog [...] verduidelik dat [...] geleenthede vir superverspreiding plaasvind omdat baie mense wat geïnfekteer is, asimptomaties is en ook omdat baie mense nie ’n bevestigde diagnose het nie
(Adri Kotzé, Vrye Weekblad, 29 Mei 2020).
| ENGELS: superspreading


 Nuut: Red ons van Plastiekengels (rubriek) | Son en skaduwee (rubriek)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2021 Jana Luther