Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
modus s.nw. | modusse |
› donker modus (ten opsigte van ’n selfoon-, tablet- of rekenaarskerm) donker agtergrond: › Die donker modus […] is reeds ’n geruime tyd ’n gonswoord in die tegnologiebedryf. Eerstens verminder ’n donker skerm spanning op jou oë, veral in toestande waar daar min lig is, soos ’n donker slaapkamer […] Studies het bevind dat wit teks teen ’n pikswart agtergrond steeds stremming op die oë veroorsaak. Daarom [is hierdie] donker modus eerder ’n spesifieke grys skakering, en die teks in afwit. Dit verlaag die helderheid van die skerm en verbeter leesbaarheid (Petrus Malherbe, Netwerk24, 4 Maart 2020).
◌ ENGELS: dark mode
mikstuur
miljuisend
millenniër
mindfulness
miniatuursatelliet
mini-orgaan
mirresyne
misgender
misinformasie
misofonie
misoginis
missiel
mistykie
mitomaan
mittedjale
mizuna
MJC
MJR
MKI
MNS
mobiliteitsbromponie
modder
modemasker
modus
moeder
moer
moermeter
moers
Moertad
moesallie
moesie
moesiemond
moffie
mogodu
mojito
molla
mompelment
mond
mondboog
mondkappie
monument
moordvis
mosaïeklandbou
moskombers
motjiekok
motorfiets-ambulans
motswako