Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
multiversum [geen meervoud] (wetenskapfiksie) hipotetiese versameling van potensieel verskillende heelalle: › Die teks wys op en ontleed die bestaan in ’n ander ruimte met die mense wat hulleself as klone of simulante ervaar. Tydreise, aliens, parallelle universums (die sogenaamde multiversum), oorloë tussen planete, teleportasie en wat nog kom aan bod (Joan Hambidge, Rapport, 5 Junie 2022). › Gaan die James Webb-ruimteteleskoop lewe iewers in die uitgestrekte multiversum vind? (Ismail Lagardien, Vrye Weekblad, 14 Januarie 2022). ◌ SINONIEM(E): multiheelal | veelal ◌ ENGELS: multiverse
KYK OOK: metaversum
mond
mondboog
mondkappie
monument
moordvis
mosaïeklandbou
moskombers
motjiekok
motorfiets-ambulans
motswako
mozzarellabolletjies
MPD
MRK
mRNA
mu'assel
muis
muishondstaat
muishondstatus
multifaktorverifikasie
multiheelal
multimorbiditeit
multitaakverrigting
multitask
multiversum
multiwerktuig
Münchmeyersiekte
munisifaliteit
musiekstroomdiens
muur
mx
my se
Mzansi
n.C.
naamgewing
naamsmiskenning
nabyheidsleer
NAD
namibifiseer
nanomateriaal
nanosatelliet
nargileh
narrie
nataal
natalis
natalisme
natalisties
natuuramnesie