Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
millenniër | millenniërs | millenniërtjie | iemand wat behoort tot die demografiese generasie (Generasie Y) van mense wat van 1981 tot 1996 gebore is: › In die VSA het Michael Dimock, president van die Pew Navorsingsentrum, gepoog om meer struktuur te gee aan breë sosiale groeperings gebaseer op jaar van geboorte. Dit het gelei tot ”troetelname” waarmee verwys word na die verskillende generasies sedert die 1920’s. Die generasies word soos volg getipeer: die “stille generasie” (gebore 1928–1945), die “baby boomers” (1946–1964), “generasie X” (1965–1980), die “millenniërs” (1981–1996) en die “post-millenniërs” (1997 tot hede). Elke generasie is in ’n mate gevorm deur gebeure van hul tyd, wat ingesluit het oorloë, resessies, politieke kwessies, die rekenaarrevolusie, die 9/11-toringramp, en die tegnologie (selfone, slimfone, ens.) (Leon de Beer, Wolboer 6 (5), November 2018). › Millenniërs word gesien as te selfgeregtig, te ongeduldig, te lui, te onrealisties en dikwels te uitgesproke vir mense wat nog net 20 tot 28 jaar leef (Mercy Kannemeyer, Skrop). › Millenniër: ons is ’n generasie wat vryheid bo alles stel (Arleen Stone, US, Netwerk24, 27 Maart 2019). › Daar is ’n sterk saak daarvoor uit te maak om millenniërs in direksies van Suid-Afrikaanse maatskappye aan te stel, aangesien daar ’n gevoel is dat hulle hul vingers op die pols het wat betref ontluikende tendense en risiko’s (PwC-verslag oor nie-uitvoerende direkteure, Rapport, 10 Februarie 2019). › Kan die gemiddelde millenniër apatie spel? Ek hoop van harte so. Maar vandag skryf ek nie oor of ons dit kan spel of nie, ek skryf oor die feit dat ons, as millenniërs, al hoe meer apaties raak (Jané de Wet, NMU, Netwerk24, 28 Januarie 2019).
◌ ENGELS: millennial
samestelling(s):
millenniërroman
millenniërstyl
metaheelal
metaversum
mêtjies
metro
metroraad
metsjies
mettie
mezze
MFA
middagmens
middelklas
middelvinger
mieliebier
mieliebrak
mijang
mikoproteïen
mikroaggressie
mikrogroente
mikroplastiek
mikrosanksie
mikrosatelliet
mikstuur
miljuisend
millenniër
mindfulness
miniatuursatelliet
mini-orgaan
mirresyne
misgender
misinformasie
misofonie
misoginis
missiel
mistykie
mitomaan
mittedjale
mizuna
MJC
MJR
MKI
MNS
mobiliteitsbromponie
modder
modemasker
modus
moeder
moer