Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
mistykie s.nw. | mistykies | [verkleinwoord] (uit Engels, informeel, skertsend, ironies) fout.
◌ ENGELS: small mistake
’n ligte mistykie ’n glips; ’n ongelukkie: › M. kry baie dwarsklappe uit eie gelede oor sy ligte mistykie om … (Max du Preez, Vrye Weekblad, 2 Augustus 2019). › Miskien het jy ook vanjaar ’n ligte mistykie (of twee, soos ek) met jou motor oorgekom wat dit vir jou nodig gemaak het om onder die spreekwoordelike geel sambreel van jou versekeraar skuiling te gaan soek (Die Burger, 25 November 2016). › “Sorry boys, die ding het gebêkfaaier. Dit was ’n ligte mistykie wat ons groot geld gekos het” (Manie, Landbouweekblad, 23 Februarie 2001).
middelklas
middelvinger
mieliebier
mieliebrak
mijang
mikoproteïen
mikroaggressie
mikrogroente
mikroplastiek
mikrosanksie
mikrosatelliet
mikstuur
miljuisend
millenniër
mindfulness
miniatuursatelliet
mini-orgaan
mirresyne
misgender
misinformasie
misofonie
misoginis
missiel
mistykie
mitomaan
mittedjale
mizuna
MJC
MJR
MKI
MNS
mobiliteitsbromponie
modder
modemasker
modus
moeder
moer
moermeter
moers
Moertad
moesallie
moesie
moesiemond
moffie
mogodu
mojito
molla