Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
mizuna s.nw. [geen meervoud] Japannese mosterdplant, Brassica rapa (variëteit niposinica), met donkergroen getande blare wat ’n pikante, sagte, peperige smaak aan roerbraaigeregte en sop verleen: › Mosterd-blaargroente ontkiem vinnig en is die lekkerste as dit as jong blaartjies geëet word. Mizuna is ook ’n mosterdblaar en het pragtige, diep gelobde, groen blare (Alice Coetzee, Netwerk24, 26 Maart 2021). › Vir ’n interessante mengsel, saai groente en kruie wat ’n balans van kleur, tekstuur en geur verskaf. Die volgende is voorbeelde wat as mikrogroente ingespan kan word: amarant, roket, basiliekruid, radyse, beetblare, koolraap, broccoli, kool, krulkool, spinasiebeet, spinasie, kerwel, koljander, bronkors, dille, blaarslaaimengsels, andyvie, vinkel, mizuna, reuse-rooimosterd en groenertjies (Anna Celliers, Netwerk24, 4 Mei 2015).
◌ ENGELS: mizuna
samestelling(s):
mizunablaar: › Ek moet bieg: Ek het wel al in Zoom-vergaderings gewonder wat ons met al die mizunablare in die tuin gaan maak (Platteland, Lente 2021).
mieliebrak
mijang
mikoproteïen
mikroaggressie
mikrogroente
mikroplastiek
mikrosanksie
mikrosatelliet
mikstuur
miljuisend
millenniër
mindfulness
miniatuursatelliet
mini-orgaan
mirresyne
misgender
misinformasie
misofonie
misoginis
missiel
mistykie
mitomaan
mittedjale
mizuna
MJC
MJR
MKI
MNS
mobiliteitsbromponie
modder
modemasker
modus
moeder
moer
moermeter
moers
Moertad
moesallie
moesie
moesiemond
moffie
mogodu
mojito
molla
mompelment
mond
mondboog