Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 29 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
misofonie s.nw. [geen meervoud] neurologiese aandoening waarby pasiënte ’n hewige afkeer aan bepaalde geluide het: › Navorsing het gevind dat die deel van die brein wat klank verwerk in mense met misofonie meer sensitief is vir stimuli as wat dit moet wees. Daarom kan sekere klanke ’n veg-of-vlug-reaksie by iemand ontlok (Theresa Brink, Netwerk24, 29 Junie 2020). › Vandag se woord is sover bekend nog nie in ’n Afrikaanse woordeboek opgeteken nie. Die Nederlanders verduidelik dit soos volg: “Misofonie is een aandoening waarbij specifieke geluiden heftige gevoelens van woede, haat of walging oproepen. Letterlijk betekent misofonie haat van geluid” (Herman Lategan, Rapport, 28 Junie 2020). › Misofonie is ’n oormatige reaksie op geluide wat veronderstel is om nie só ’n uitermatige reaksie uit te lok nie. Hierdie toestand is redelik algemeen en daar word geskat dat omtrent 20% van die bevolking ’n lae drempelwaarde het wanneer dit kom by klanke wat pla (Heinz Mödler, Netwerk24, 6 November 2019).
◌ SINONIEM(E): geluidshaat
◌ ENGELS: misophonia
mezze
MFA
middagmens
middelklas
middelvinger
mieliebier
mieliebrak
mijang
mikoproteïen
mikroaggressie
mikrogroente
mikroplastiek
mikrosanksie
mikrosatelliet
mikstuur
miljuisend
millenniër
mindfulness
miniatuursatelliet
mini-orgaan
mirresyne
misgender
misinformasie
misofonie
misoginis
missiel
mistykie
mitomaan
mittedjale
mizuna
MJC
MJR
MKI
MNS
mobiliteitsbromponie
modder
modemasker
modus
moeder
moer
moermeter
moers
Moertad
moesallie
moesie
moesiemond
moffie