Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
muishondstaat s.nw. | muishondstate | staat wat om een of ander rede deur die res van die wêreld verag, vermy of verwerp word omdat dit geskrewe of ongeskrewe reëls van die internasionale stelsel nie nakom nie: › ’n Onthutste senior militêre ontleder sê Suid-Afrika het homself nou as een van die muishondstate soos Noord-Korea en Iran gegroepeer deur ’n middelvinger vir die Weste te wys (Erika Gibson, Vrye Weekblad, 11 November 2022). › Ons kan nie toelaat dat die ANC deur die Grondwet en ons internasionale verbintenisse stoomroller om Suid-Afrika in ’n internasionale muishondstaat te omskep nie (Netwerk24, 27 September 2022). › By [’n] ruskamp in die noorde van die nasionale park woel en werskaf dit soos nuwe chalets gebou word vir die internasionale toeriste wat hopelik sal terugkeer noudat Zimbabwe sy beeld as ’n muishondstaat begin afskud (Netwerk24, 3 Maart 2018). › Buiten muishondstate soos Noord-Korea en Belarus het Rusland se oorlog in Oekraïne geen aktiewe steun nie (Max du Preez, Vrye Weekblad, 4 November 2022).
oorsprong:
Na die dier wat vermy word weens die walglike reuk van die olierige vloeistof wat deur sy anale kliere afgeskei word.
KYK OOK: muishondstatus
moesie
moesiemond
moffie
mogodu
mojito
molla
mompelment
mond
mondboog
mondkappie
monument
moordvis
mosaïeklandbou
moskombers
motjiekok
motorfiets-ambulans
motswako
mozzarellabolletjies
MPD
MRK
mRNA
mu'assel
muis
muishondstaat
muishondstatus
multifaktorverifikasie
multiheelal
multimorbiditeit
multitaakverrigting
multitask
multiversum
multiwerktuig
Münchmeyersiekte
munisifaliteit
musiekstroomdiens
muur
mx
my se
Mzansi
n.C.
naamgewing
naamsmiskenning
nabyheidsleer
NAD
namibifiseer
nanomateriaal
nanosatelliet