Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
mindfulness s.nw. [geen meervoud] (Engels) (strewe na bemeestering van) die kuns om elke oomblik van jou lewe aandagtig te leef: › Meditasie, asemhaling en joga bly die gewildste maniere om mindfulness te beoefen (Huisgenoot, 1 Mei 2020). › Met ’n tweede boek oor mindfulness […] bevind Johannes de Villiers hom in goeie geselskap (Laurie Gaum, LitNet, 25 Maart 2020). › Die wetenskap toon toenemend die tegniek van bewustelikheid (mindfulness) en meditasie kan mens help om met vars, nuwe oë na die wêreld om jou te kyk (Kalmte in die malle gejaag: Mindfullness vir besige mense, Johannes de Villers – flapteks, 2018). › Mindfulness is ’n eenvoudige tegniek om die huidige oomblik (nóú) meer bewustelik, met deernis en nuuskierigheid te benader. Sodat jy minder verstrengel raak in dinge wat in die verlede gebeur het, of wat dalk in die toekoms kan gebeur. (Lydia van der Merwe, Sarie, 24 Maart 2015). › In Afrikaans probeer ons [mindfulness] vasvat met die woord aandagtigheid. Die digter Breyten Breytenbach het voorgestel ons praat van bewustheid. (Lydia van der Merwe, Sarie, 24 Maart 2015).
◌ SINONIEM(E): aandagtigheid | bewustelikheid
KYK OOK: aandagtigheid, bewustheid
metaversum
mêtjies
metro
metroraad
metsjies
mettie
mezze
MFA
middagmens
middelklas
middelvinger
mieliebier
mieliebrak
mijang
mikoproteïen
mikroaggressie
mikrogroente
mikroplastiek
mikrosanksie
mikrosatelliet
mikstuur
miljuisend
millenniër
mindfulness
miniatuursatelliet
mini-orgaan
mirresyne
misgender
misinformasie
misofonie
misoginis
missiel
mistykie
mitomaan
mittedjale
mizuna
MJC
MJR
MKI
MNS
mobiliteitsbromponie
modder
modemasker
modus
moeder
moer
moermeter