Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 22 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
metro s.nw. | metro’s | [verkorting van metropolitaanse gebied of metropolitaanse raad] groot stad en die gebied daar rondom, asook die raad of munisipaliteit van so ’n gebied: › Die metro, wat streng waterbeperkings toepas weens die lae vlak van sy vernaamste opgaardamme, het ondanks reën slegs ’n styging van 0,06% in sy gesamentlike gemiddelde damvlak gesien (Cara-Lee Dorfling, Netwerk24, 11 Augustus 2022). › Betreklik hoë standaarde van basiese dienslewering word deur die meeste metro’s behou [...] Daarby het metro’s ook hul bydraes tot die nasionale ekonomie in ’n klimaat van swak ekonomiese groei vergroot (Malherbe Nienaber, Netwerk24, 8 Julie 2022).
◌ ENGELS: metropolitan area | metropolitan council
melkkuns
melkmaan
melktertmusiek
memento mori
meneer
Mengels
menseregtevergrype
menstruasiebeker
menstruasiekelkie
menstruasiekoppie
mentor
mentorskap
meritokrasie
merker
MERS
mesmeraais
mesmoertang
messiaskompleks
met
metadata
metaheelal
metaversum
mêtjies
metro
metroraad
metsjies
mettie
mezze
MFA
middagmens
middelklas
middelvinger
mieliebier
mieliebrak
mijang
mikoproteïen
mikroaggressie
mikrogroente
mikroplastiek
mikrosanksie
mikrosatelliet
mikstuur
miljuisend
millenniër
mindfulness
miniatuursatelliet
mini-orgaan