Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
mesmoertang s.nw. | mesmoertange | (informeel) veeldoelige stuk gereedskap: › ’n Goeie mesmoertang kan jou help om skroewe vas te draai, bande te ruil en koorde te sny ... (Arthur Jones, Weg, 17 Februarie 2020). › Die mesmoertang, soos Weg dit noem, is daardie veeldoelige tower-instrument wat boere, nutsmanne, jagters en knaphandiges in ’n gordelskede dra. In ’n berig oor ’n mesmoertang skryf dié tydskrif: Dit is regtig ’n betroubare handlanger wat jou nooit in die steek sal laat nie. Dit het álles: ’n knyp- en draadtang, mes, sagie, tandjieslem, platpunt- én sterpuntskroewedraaier, vyl, blik- en botteloopmaker ... Hy’t 14 funksies altesaam! Met hom in jou hand kort jy nog net ’n mullet, dan’s jy MacGyver (Gert Coetzee, Netwerk24, 28 Maart 2019). › Die maklikste manier om te onderskei tussen ’n gewone knipmes met ekstra katoetertjies en ’n mesmoertang, of multitool, is die teenwoordigheid van ’n tang. Sommige van die modelle wat ons na kyk het heelwat minder funksies as ander, maar almal het minstens ’n tang (WegRy, Oktober 2016).
◌ SINONIEM(E): multiwerktuig
◌ ENGELS: multitool
MeerKAT
meerkatmaan
megaboer
megaboerdery
megafter
meghefter
megoudie
melkkuns
melkmaan
melktertmusiek
memento mori
meneer
Mengels
menseregtevergrype
menstruasiebeker
menstruasiekelkie
menstruasiekoppie
mentor
mentorskap
meritokrasie
merker
MERS
mesmeraais
mesmoertang
messiaskompleks
met
metadata
metaheelal
metaversum
mêtjies
metro
metroraad
metsjies
mettie
mezze
MFA
middagmens
middelklas
middelvinger
mieliebier
mieliebrak
mijang
mikoproteïen
mikroaggressie
mikrogroente
mikroplastiek
mikrosanksie