Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
meghefter s.nw. | meghefters | megheftertjie | Ook meghêfter of megafter
1 klein, nuttige, slim apparaat of toestel: › Om te kamp is nié vuurpylwetenskap nie. Nee, rêrig. Dis meer soos perdekoop. ’n Mens het wragtig nie baie goeters en meghêfters nodig om lekker uit te span nie. Die hele punt daarvan is om weg te kom van die komplikasies in die lewe (Ali van Wyk, Vrye Weekblad, 5 Julie 2024). › Wyle Pieter Pieterse het in die jare tagtig en negentig die woord “meghêftertjie” in die volksmond gelê met sy televisieprogramme en boeke oor kosmaak en reis [...] Deesdae gebruik mense “meghêftertjie” om enige nuwe toestel of gadget te beskryf en ek glo ons hedendaagse manier van kamp word deur sulke “meghêfters” oorheers (Weg, Julie 2018).
2 iets wat iemand (prakseer en) gebruik om ’n gewenste resultaat te bereik waar die regte stuk gereedskap of onderdeel nie byderhand is nie.
3 iets wat (nog) nie ’n naam het nie, waarvan die spreker die naam nie ken nie, of waarvan die naam vergeet is.
◌ ENGELS: mcgafter
masonja
massaskietery
massaskietvoorval
matcha
mattedjala
mbawula
Mbekiïet
MDPE
ME
medeskepselikheid
mediafluisteraar
mediaherrie
mediatiseer
mediatisering
mediawasmasjien
medikaan
Medisynebeheerraad
meerderhands
MeerKAT
meerkatmaan
megaboer
megaboerdery
megafter
meghefter
megoudie
melkkuns
melkmaan
melktertmusiek
memento mori
meneer
Mengels
menseregtevergrype
menstruasiebeker
menstruasiekelkie
menstruasiekoppie
mentor
mentorskap
meritokrasie
merker
MERS
mesmeraais
mesmoertang
messiaskompleks
met
metadata
metaheelal
metaversum