Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 23 Januarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 312 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
mikroaggressie s.nw. | mikroaggressies | subtiele, bedoelde of onbedoelde negatiewe aanmerkings, opmerkings, houdings of gedrag wat ’n invloed kan hê op die selfbeeld en welstand van diegene wat dit hoor of ervaar: › In ’n oorwegend en steeds patriargale omgewing [...] is dit seker nie verbasend dat daar nog ’n groep mans bestaan wat met hul vuiste op hul borskaste slaan en vir verbygaande vroue skreeu dat hulle moet glimlag nie. [...] Nie net word dit beskou as mikroaggressie nie, maar vroue is net mooi gatvol daarvan om vertel te word waiter emosie hulle moet voel (Erla-Mari Diedericks, Netwerk24, 14 Februarie 2024). › Mikroaggressies – doelbewuste óf onbedoelde opmerkings, praktyke of handelinge wat vooroordeel teenoor ’n bepaalde groep of persoon, gewoonlik ’n minderheid, uitdruk. Dit kan iets so klein wees soos om ’n student met ’n Afrikaansklinkende naam en van te komplimenteer oor hulle “goeie Engels”, of so grof soos om enige versoek dat die universiteit deursigtig en verantwoordbaar met Afrikaans omgaan, af te maak as ’n politiese of etniese stryd (Departement Afrikaans en Nederlands, US, 27 Maart 2021). ◌ ENGELS: microaggression
merker
MERS
mesmeraais
mesmoertang
messiaskompleks
met
metadata
metaheelal
metaversum
mêtjies
metro
metroraad
metsjies
mettie
mezze
MFA
middagmens
middelklas
middelvinger
mieliebier
mieliebrak
mijang
mikoproteïen
mikroaggressie
mikrogroente
mikroplastiek
mikrosanksie
mikrosatelliet
mikstuur
miljuisend
millenniër
mindfulness
miniatuursatelliet
mini-orgaan
mirresyne
misgender
misinformasie
misofonie
misoginis
missiel
mistykie
mitomaan
mittedjale
mizuna
MJC
MJR
MKI