Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
mikroplastiek s.nw. [geen meervoud, versamelnaam]
1 plastiekkorrels wat mikroskopies klein is, tussen sowat ’n honderste van ’n millimeter tot een millimeter groot, spesiaal vervaardig vir gebruik in skoonheidsmiddels soos lyfskropmiddels en afskilferaars.
2 klein stukkies plastiek wat ontstaan wanneer groter stukke plastiek deur blootstelling aan die son en fisiese verwering afbreek: › Mikroplastiek word toenemend beskou as ’n smetstof wat heelwat risiko’s vir mens en omgewing inhou. Hoe kleiner die deeltjies ter sprake, hoe waarskynliker is die risiko’s wat daarmee verband hou (Jorisna Bonthuys, Vrye Weekblad, 6 Desember 2019). › Onlangse navorsing het getoon dat mikroplastiek ’n baie groter besoedelingsgevaar inhou as wat voorheen gedink is. › Baie lande is reeds bewus van die gevare van mikroplastiek en tree nou daadwerklik op (Henk Bouwman, Vrye Weekblad, 17 Mei 2019). ◌ TEENOOR: makroplastiek ◌ ENGELS: microplastic
KYK OOK: makroplastiek
MERS
mesmeraais
mesmoertang
messiaskompleks
met
metadata
metaheelal
metaversum
mêtjies
metro
metroraad
metsjies
mettie
MFA
middagmens
middelklas
middelvinger
mieliebier
mieliebrak
mijang
mikoproteïen
mikroaggressie
mikrogroente
mikroplastiek
mikrosanksie
mikrosatelliet
mikstuur
miljuisend
millenniër
mindfulness
miniatuursatelliet
mini-orgaan
mirresyne
misgender
misinformasie
misofonie
misoginis
missiel
mistykie
mitomaan
mittedjale
mizuna
MJC
MJR
MKI
MNS
mobiliteitsbromponie