Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
metaheelal s.nw. [geen meervoud] (virtuele werklikheid) weergawe van die internet wat driedimensionele virtuele omgewings insluit: › Africarare se metaheelal staan bekend as Ubuntuland en belangstellendes kan digitale grond bekom [...] dit doen jy deur die geldeenheid binne Ubuntuland te gebruik, naamlik die $Ubuntu-munt, wat op die ethereum-blokketting gebou is (Werner Wippenaar, Netwerk24, 1 Maart 2022). › Wees op die uitkyk vir Facebook en Microsoft se metaheelal [...] ’n aanlyn virtuele wêreld waar gebruikers met oorfone ’n aangevulde werklikheid kan ervaar. In ’n metaheelal sal mense met mekaar interaksie kan hê in ’n gedeelde virtuele omgewing deur middel van avatars (virtuele ewebeelde) (Liesl Peyper, Rapport, 2 Januarie 2022). › Die Metaheelal is ’n leefruimte wat met die werklikheid vervleg is en massas internetgebruikers vind weens [...] slegte vooruitsigte hul vryheid in die aanlyn parallelle werklikheid eerder as in die wêreld van vlees en bloed (Alida Kok, Beeld, 23 Desember 2021). › Die Metaheelal huisves die nuwe globale sentrum van mag [...] Voorbeelde is die toename in kriptogeld, ’n samesmelting tussen biologie en tegnologie, toestelle wat deur gebruikers gedra of ingesluk word, kletsrobotte en sosiale ruimtes waarin verbruikers kan uithaak en ontvlug (Alida Kok, Beeld, 23 Desember 2021). ◌ SINONIEM(E): metaversum | meta-al | metawêreld ◌ ENGELS: metaverse
megafter
meghefter
megoudie
melkkuns
melkmaan
melktertmusiek
memento mori
meneer
Mengels
menseregtevergrype
menstruasiebeker
menstruasiekelkie
menstruasiekoppie
mentor
mentorskap
meritokrasie
merker
MERS
mesmeraais
mesmoertang
messiaskompleks
met
metadata
metaheelal
metaversum
mêtjies
metro
metroraad
metsjies
mettie
MFA
middagmens
middelklas
middelvinger
mieliebier
mieliebrak
mijang
mikoproteïen
mikroaggressie
mikrogroente
mikroplastiek
mikrosanksie
mikrosatelliet
mikstuur
miljuisend
millenniër
mindfulness