Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
mediaherrie s.nw. | mediaherries | beroering/opskudding in die media, gekenmerk deur besonder baie aandag wat aan ’n bepaalde nuusgebeurtenis of saak bestee word: › Net toe die mediaherrie begin bedaar, verskyn daar ’n artikel […] oor waarom dit problematies is dat die woord “manlik” gebruik is in ’n twiet waarin kykers aangemoedig word om vir boer Damian te skryf (Hannelie Booyens, Vrye Weekblad, 31 Mei 2019). › Wat my nou weer aan maniere laat dink het, is die mediaherrie wat om koningin Elizabeth II ontstaan het nadat sy sekere Chinese amptenare in ’n gesprek tydens ’n teeparty in die tuin van die Buckingham-paleis as “baie ongeskik” beskryf het (Murray la Vita, Netwerk24, 14 Mei 2016).
◌ ENGELS: media hype
KYK OOK: Twitterstorm
Marie-Johanna van der Schijff
marmerbeeld
masala
masekind
masiet
masikande
masjied
masjienleer
maskanda
maskandi
maskie
masknee
masonja
massaskietery
massaskietvoorval
matcha
mattedjala
mbawula
Mbekiïet
MDPE
ME
medeskepselikheid
mediafluisteraar
mediaherrie
mediatiseer
mediatisering
mediawasmasjien
medikaan
Medisynebeheerraad
meerderhands
MeerKAT
meerkatmaan
megaboer
megaboerdery
megafter
meghefter
megoudie
melkkuns
melkmaan
melktertmusiek
memento mori
meneer
Mengels
menseregtevergrype
menstruasiebeker
menstruasiekelkie
menstruasiekoppie