Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
mediatisering s.nw. [geen meervoud] proses van uitgebreide dekking van ’n bepaalde gebeurtenis, deur verskeie mediakanale, of uitgebreide aandag aan ’n bepaalde kwessie of individu, wat tot verhoogde openbare bewustheid en ondersoek lei en die vorming van openbare persepsies en diskoers rakende die onderwerp beïnvloed: › Ek probeer in hierdie artikel aantoon hoe mediatiseringsteorie van ander teorieë oor die mag en effek van die media verskil deur die klem van kousaliteit te verskuif na hoe die media as ’n proses van mediatisering al die domeine van die samelewing en die daaglikse lewe van die mediagebruiker infiltreer (Pieter J. Fourie: Die invloed van die digitale medialandskap op mediateorie: van effekteorie tot mediatiseringsteorie, Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 1 Desember 2018). › Die mediatisering van nuusgebeure het ’n groot invloed op mense se opvattings en opinies. › Mediatisering word dikwels verstaan as ’n proses van verandering of ’n tendens, soortgelyk aan globalisering en modernisering, waarby die massamedia in ’n toenemende mate in ander sektore van die samelewing geïntegreer word en dan daardie sektore, insluitende politiek, besigheid, kultuur, vermaak, sport, godsdiens en onderwys, beïnvloed.
◌ ENGELS: mediatization | mediatisation
samestelling(s):
mediatiseringsteorie
KYK OOK: mediatiseer
masala
masekind
masiet
masikande
masjied
masjienleer
maskanda
maskandi
maskie
masknee
masonja
massaskietery
massaskietvoorval
matcha
mattedjala
mbawula
Mbekiïet
MDPE
ME
medeskepselikheid
mediafluisteraar
mediaherrie
mediatiseer
mediatisering
mediawasmasjien
medikaan
Medisynebeheerraad
meerderhands
MeerKAT
meerkatmaan
megaboer
megaboerdery
megafter
meghefter
megoudie
melkkuns
melkmaan
melktertmusiek
memento mori
meneer
Mengels
menseregtevergrype
menstruasiebeker
menstruasiekelkie
menstruasiekoppie
mentor
mentorskap