Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
mangrot s.nw. | mangrotte | Ook mannegrot of mannetjiesgrot
’n vertrek of deel van ’n huis of ander gebou waar ’n man (alleen of saam met ander mans) tyd kan deurbring en hom met eie belangstellings en stokperdjies kan besighou sonder om deur ander (veral vroulike) lede van die huishouding gepla te word: › “Moet net nie dat my vrou my nou hoor nie ...” Só sê my gasheer een laataand terwyl so vier, vyf van ons in sy mangrot sit en teug aan ’n bottel Laphroaig-enkelmout (Jo Prins, Netwerk24, 11 Junie 2016). › Ek weet party vroue haat die idee dat dit hul man in staat stel om nou ’n mangrot te hê, maar, in konteks gestel, is die res van die huis jou vrougrot (Huisgenoot Digitaal, 1 Julie 2013). › Morgan is ’n lang, donker, Afrikaanse man met groot oë, ’n boot en ’n mannegrotstrandhuis (Daréll Lourens, tuis, 23 Oktober 2017). › My nuwe mannetjiesgrot … (Frederik de Jager, Facebook, 10 Januarie 2020).
◌ ENGELS: man cave
magneetvangs
magneetvisser
magneties
magrieb
magwinya
majapies
makisih
makoekoe
makoti
makou
makroplastiek
makrosanksie
makula
makwera
makwerekwere
malbaai
malboet
malediktologie
malvapoeding
mamok
mamokker
mamunne
mandie
mangrot
mani
maningal
mani-pedi
manlikheid
mannegrot
mannetjiesgrot
manosfeer
mansbolla
mansplikasie
manspliseer
mantismaan
mara
marabi
marakkas
maribi
Marie-Johanna van der Schijff
marmerbeeld
masala
masekind
Mashallah
masiet
masikande
masjied