Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
makwerekwere s.nw. [enkelvoud en meervoud] (neerhalend) mens(e) van elders: › Dudula-leiers maak soggens aankondigings oor luidsprekers waarin buitelanders die skeldwoord “makwerekwere” genoem en verhinder word om die hospitaal te besoek (Hein Willemse, Netwerk24, 7 September 2022). › In ’n commendatio tydens die toekenning van ’n eredoktorsgraad [aan George Bizos] is gesê: “Dit is belangrik om onsself in hierdie onrustige tye daaraan te herinner dat die groot regsman wat vandag hier voor ons staan, in die land aangekom het as ’n arm tiener sonder matriek wat geeneen van die landstale kon praat nie. Hy was die absolute verpersoonliking van die nuttelose vlugteling: makwerekwere” (Netwerk24, 9 September 2020). › Gaan die wet buitelanders teen xenofobie beskerm soos wanneer hulle die “makwerekwere” (ongewenstes) genoem word? (Amanda Gouws, Netwerk24, 19 Junie 2018). › Straathandelaars pak ’n see van aandenkings uit in Adderleystraat, Kaapstad. Plaaslike swart mense verwys neerhalend na hulle as “makwerekwere” (vreemdelinge). Dié uitlanders kan herken word aan hul dikwels besonder donker gelaat. Hulle praat Frans, Portugees of eksoties klinkende Afrikatale en is veral sigbaar waar hulle stalletjies langs Adderleystraat bedryf (Die Burger, 7 Augustus 1998).
◌ SINONIEM(E): (ongewenste) vreemdeling(e)
oorsprong:
Onseker.
MAGA
magalies
Magas
magies
maglev
magneethengel
magneethengelaar
magneetsweeftrein
magneettrein
magneetvangs
magneetvisser
magneties
magrieb
magwinya
majapies
makisih
makoekoe
makoti
makou
makroplastiek
makrosanksie
makula
makwera
makwerekwere
malbaai
malboet
malediktologie
malvapoeding
mamok
mamokker
mamunne
mandie
mangrot
mani
maningal
mani-pedi
manlikheid
mannegrot
mannetjiesgrot
manosfeer
mansbolla
mansplikasie
manspliseer
mantismaan
mara
marabi
marakkas