Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
makoekoe s.nw. | makoekoes | (veral in die Vrystaat) (plakkers)hut van sink, hout, plastiek, karton: › haar onbekende pa en ma is werkloos / sy woon in ’n makoekoe teenaan die breë pad (T.T. Cloete). › Die mense bly in makoekoes omdat hulle nie huise het nie. As dit baie reën, spoel die makoekoes weg (Marietjie Gericke, Netwerk24, 17 Januarie 2022). › Ek het sommetjies gemaak van die bedrae tot dusver bestee. Mense, dis genoeg om amper al die makoekoes in die Vrystaat plat te slaan en HOP-huise (ordentlike wonings) te bou (Netwerk24, 22 Junie 2016).
◌ ENGELS: shack
samestelling(s):
makoekoekerk: › Ek het vergifnis as ’n sondaar gekry. Vandag besoek ek makoekoe-kerke op Sondae waar ek boodskappe van liefde en vergifnis bring (Netwerk24, 18 September 2022).
madeleine
Madiba
madrassa
mafianiseer
mafianisering
mafiastaat
mag
MAGA
magalies
Magas
magies
maglev
magneethengel
magneethengelaar
magneetsweeftrein
magneettrein
magneetvangs
magneetvisser
magneties
magrieb
magwinya
majapies
makisih
makoekoe
makoti
makou
makroplastiek
makrosanksie
makula
makwera
makwerekwere
malbaai
malboet
malediktologie
malvapoeding
mamok
mamokker
mamunne
mandie
mangrot
mani
maningal
mani-pedi
manlikheid
mannegrot
mannetjiesgrot
manosfeer