Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 22 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
magwinya s.nw. | magwinya(s) | [soms verkort tot gwinya] [enkelvoud en meervoud] (Tswana, kookkuns)
Ook (Zoeloe) amagwinya of (soms verafrikaans) magwinja
vetkoek, gemaak deur stukkies deeg in olie of vet te braai: › Ek het magwinya en mielies uit my agterplaas verkoop om geld te maak (Piet Croucamp, Vrye Weekblad, 19 Julie 2024). › Magwinya is ook bekend as vetkoek, en in townships en landelike gebiede is dit gewilde straat- en trooskos. Magwinya bestaan uit meel, suiker, gis en water, wat goudbruin gediepbraai word (Piet Croucamp, Vrye Weekblad, 19 Julie 2024). › In ’n poging om die gebruik van avokado in straatkos te bevorder het bemarkingsmaatskappye [...] ’n veldtog begin waardeur hulle avokado as vulsel in die gewilde Afrikavetkoek, die magwinya, onder verbruikers beproef het (Landbouweekblad, 26 November 2018). › Op pad na die werk stop ek soms by die een ouma om magwinya (vetkoekies) te koop (Karien Brits, LitNet, 25 Maart 2020). › Ek het geleer by watter stalletjie ek die varsste magwinjas (vetkoeke) kan koop, in watter agterstraat sit ’n winkel waar jy van ysterpotte tot haarjel kan koop, en alles tussenin (Wilna Adriaanse, Vrye Weekblad, 2 September 2022). › In KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap [is] die gewildste wegneemkos [...] amagwinya, letterlik “wat die mond laat water”. ’n Gwinya is ’n ronde deegkoek so groot soos ’n appel (Finweek, 14 Januarie 2014).
◌ SINONIEM(E): vetkoek
◌ ENGELS: magwinya | amagwinya | vetkoek
maagkrul
macchiato
Machina sapiens
madeleine
Madiba
madrassa
mafianiseer
mafianisering
mafiastaat
mag
MAGA
magalies
Magas
magies
maglev
magneethengel
magneethengelaar
magneetsweeftrein
magneettrein
magneetvangs
magneetvisser
magneties
magrieb
magwinya
majapies
makisih
makoekoe
makoti
makou
makroplastiek
makrosanksie
makula
makwera
makwerekwere
malboet
malediktologie
malvapoeding
mamok
mamokker
mamunne
mandie
mangrot
mani
maningal
mani-pedi
manlikheid
mannegrot