Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
MAGA afk. [Engelse verkorting van Make America Great Again]
1 [geen meervoud] politieke beweging en sentiment wat in 2016, tydens die presidensiële veldtog van die 45ste en 47ste Amerikaanse president, Donald Trump, in die VSA ontstaan het: › Die waas van gewelddadige retoriek kom van diep binne die MAGA (Anneliese Burgess, Vrye Weekblad, 19 Julie 2024).
2 | MAGA’s | (regse) ondersteuner van Donald Trump: › ’n Hele klomp MAGA’s het skynbaar eers hierdie week agtergekom Vance se vrou [... se] ouers is albei akademici wat in die 1980’s uit Indië na die VSA geëmigreer het (Willem Kempen, Vrye Weekblad, 19 Julie 2024).
samestelling(s):
MAGA-Republikein: › Die eerste reaksie van die MAGA-Republikeine was om die Demokrate vir die aanslag op Donald Trump se lewe te blameer
luisterblog
luisterblogger
luistertaal
lus
lyfgaatjie
lyfjuwele
lyfkamera
lyfkuns
lyfprieming
lyn
lysartikel
M2M
maaf
maagkrul
macchiato
Machina sapiens
madeleine
Madiba
madrassa
mafianiseer
mafianisering
mafiastaat
mag
MAGA
magalies
Magas
magies
maglev
magneethengel
magneethengelaar
magneetsweeftrein
magneettrein
magneetvangs
magneetvisser
magneties
magrieb
magwinya
majapies
makisih
makoekoe
makoti
makou
makroplastiek
makrosanksie
makula
makwera
makwerekwere