Bygewerk op 14 Januarie 2022
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordewisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Januarie 2020 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag (WAV) bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

RET
afk. radikale ekonomiese transformasie: M. kan nie bekostig om om verskoning te vra nie. ’n Openbare apologie [...] sal vernietigend vir sy saak wees. As hy dit doen, sal hy die ondersteuning van sy bittereinder-lojaliste verloor – die geharde ondersteuners van radikale ekonomiese transformasie (Vrye Weekblad, 14 Mei 2021). Ingeligtes in die faksie vir radikale ekonomiese transformasie (RET) ... sê ’n grootskaalse “sluiting” van die land word beplan totdat die president en sy “kabaal” hul poste ontruim het (Marietjie Gericke, Netwerk24, 10 Mei 2021).ENGELS: radical economic transformation | RET

s.nw. | RET’s | voorstander van radikale ekonomiese transformasie: Die Grondwet was ’n gatkruipery by wittes; nasionaliseer die banke, myne en ander “commanding heights of the economy”; vat wittes se grond af en ondermyn die regbank en die oppergesag van die reg. Ons hoor gereeld dié populistiese uitsprake van RET-leiers [...] En met elkeen van dié kwessies sing die EFF uitbundig saam in die koor met die RET’s (Max du Preez, Vrye Weekblad, 14 Januarie 2022).

samestellings:
RET-faksie
RET-instrument
RET-kandidaat
RET-leier
RET-ondersteuner


 Nuut: Taal grondslag van kinders se grondslagfase (rubriek) | Woorde van 2021 (podsending)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2022 Jana Luther