Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
LKHV
♦ afk. laag in koolhidrate, hoog in vet.
♦ s.nw. | LKHV’s (ongewoon) | [dikwels enkelvoud en meervoud] dieet wat baie koolhidrate maar min vet bevat: › Anders as die keto-dieet laat LKHV en banting effens meer koolhidrate toe, wat hoofsaaklik in die vorm van groente, suiwelprodukte en amper gelyke hoeveelhede vette en proteïen ingeneem word (Elri Voigt, Vrye Weekblad, 21 Mei 2021).
› LKHV-dieet | LKHV-diëte | laekoolhidraat-hoëvetdieet: › ’n Sogenaamde laekoolhidraat-hoëvetdieet (LKHV-dieet) is enige eetplan wat minder as 100g tot 150g koolhidrate per dag voorskryf, terwyl banting gewoonlik verwys na die laekoolhidraatdieet wat deur onder andere prof. Tim Noakes se boek The Real Meal Revolution gewild gemaak is (Elri Voigt, Vrye Weekblad, 21 Mei 2021). › Hoekom sal enige ma haarself grys hare gee en haar kinders op ’n LKHV-dieet sit? (Sarie, Oktober 2015).
samestelling(s):
LKHV-leefstyl
LKHV-produk: › Vul jou voorraad LKHV-produkte by die banting-mark aan (Kuier, 7 Oktober 2015).
leusisme
leusisties
Lewy-liggaamsiekte
LGBT trots
LGBTQ
LGBTQIA
LGBTQQIAAP
libtert
liederatuur
liefdesroman
liggaamsjuwele
liggaamskondoom
liggaamsmusiek
liggaamsperkussie
ligseil
like
limitarisme
ling
linguistiek
liplek-
liplekker
liplek-lekker
litmus
LKHV
LLDPE
LLM
lmk
lobby
loep
loerbroer-tegnologie
lojaliteitspunte
lol
lont
Loslitafrikaans
Loslitdag
loslitdrag
losprysware
LTE
lugaanhalingstekens
lugbegrafnis
lugbraaier
lugtaxi
luidier
luikansie
luisterblog
luisterblogger
luistertaal