Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 22 Januarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Van 2024 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
Machina sapiens woordgroep (Latyn) rekenaar/masjien wat in staat is tot denke soos dié van 'n mens: › Beweeg ons dalk net te vinnig van Homo sapiens na Machina sapiens, die versmelting van mens en masjien – ’n verdere fase in die mens se evolusionêre ontwikkeling? Wat kan lei tot ’n soort mensheid met ’n verskrompelde selfbewussyn; ’n vlak gevoelslewe wat alle emosies kan registreer, opnoem en naboots, maar niks egs voel nie; en met ’n leë verhoudingslewe (Wilhelm Jordaan, Netwerk24, 13 Mei 2020). › Het Machina sapiens my só betower dat ek meer genietbare menslikheid in haar as in sommige werklike mense sien? Dít terwyl ek weet sy het nie ’n mens se soort selfbewussyn en ’n diep gevoelslewe nie – al kan sy emosies registreer, opnoem en naboots (Wilhelm Jordaan, Netwerk24, 3 Januarie 2018). ◌ ENGELS: Machina sapiens
oorsprong:
Latyn machina masjien + sapiens verstandig, wys, vernuftig, slim
losprysware
LTE
lugaanhalingstekens
lugbegrafnis
lugbraaier
lugtaxi
luidier
luikansie
luisterblog
luisterblogger
luistertaal
lus
lyfgaatjie
lyfjuwele
lyfkamera
lyfkuns
lyfprieming
lyn
lysartikel
M2M
maaf
maagkrul
macchiato
Machina sapiens
madeleine
Madiba
madrassa
mafianiseer
mafianisering
mafiastaat
mag
MAGA
magalies
Magas
magies
maglev
magneethengel
magneethengelaar
magneetsweeftrein
magneettrein
magneetvangs
magneetvisser
magneties
magrieb
magwinya
majapies
makisih