Bygewerk op 8 November 2021
Redakteur: Jana Luther

Help ons | Blogs en artikels | Woordwisseling | Podsendings | Speletjies | Teksredaksie

Van Oktober 2019 af word hedendaagse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat dalk elders in die slag gebly het – in dié Woordeboek van Afrikaans Vandag bewerk. Met uitsondering van beeld, klank en addisionele teks word die artikels ook in Pharos Aanlyn opgeneem. Tik ’n woord in die kassie en vind dié woord dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat dit ’n lewende woordeboek is wat heeltyd groei en verander. Sluit aan by ons leesprogram en help ons.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

roofwerf ww. | het geroofwerf | iemand wat elders in diens is, identifiseer en nader met ’n aanbod om ’n pos te vul: Die departement het toestemming om voortaan ingenieurs vir dié poste uit die private sektor te roofwerf (Netwerk24, 10 Julie 2013). Nou is sy op 33 die handelsmerk- en bemarkingshoof van een van die mees ikoniese natuurverskynsels ter wêreld, ’n pos waarvoor sy geroofwerf is (Annelize Visser, Vrye Weekblad, 28 Augustus 2020).ENGELS: headhunt
samestellings:
roofwerfproses: Nadat die pos die eerste keer geadverteer is, het hulle sowat 60 aansoeke ontvang en onderhoude is gevoer, maar die direksie het nie die geskikte kandidaat gevind nie. Die proses is herhaal en weer is geen kandidaat aangestel nie. Hierna het ’n roofwerfproses gevolg (Cara-Lee Dorfling, Netwerk24, 2 Februarie 2018).


 Nuut: HAT Aanlyn se dae getel (aankondiging)

Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is nié aan enige ander projek verbind nie en word deur niemand geldelik gesteun nie; dit is ’n eie inisiatief en ’n aparte, onafhanklike projek van die redakteur en gebruikers wat via die leesprogram daaraan meewerk.

Kopiereg © 2020-2021 Jana Luther