Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
Loslitdag s.nw.
1 [gewoonlik enkelvoud] dag, in Suid-Afrika gewoonlik 3 September, waarop kantoorwerkers, skoliere, studente en so meer anders as normaalweg aantrek, gewoonlik informeel of snaaks, en (in ruil vir die voorreg), deur ’n spesiale plakker te koop of te verkoop, geld vir ’n liefdadigheidsdoel insamel, tipies ten bate van mense met gestremdhede: › Julius is mededirekteur van die organisasie Abilities Without Limits en ambassadeur vir Loslitdag, die vlagskipprojek van die Nasionale Raad vir Mense met Gestremdhede (NCPD) (Rapport, 3 Januarie 2021).
◌ ENGELS: Casual Day
2 › loslitdag | loslitdae | [met kleinletter] enige dag waarop gemaklik aangetrek word: › Repetisietye [...] is loslitdae wanneer Jana sommer ’n gemaklike oortrek-hemp, slenterbroek en tekkies dra (Sarie, 7 Maart 1990).
samestelling(s):
Loslitdag-plakker: › Word deel van die Loslitdag-beweging en ondersteun mense met gestremdhede deur jou Loslitdag-plakker voor 3 September te koop. Die plakkers kos R20 elk en ’n deel van die opbrengs van die US se plakkerverkope gaan aan die Stellenbosch Werksentrum, ’n plek waar mense met gestremdhede in ’n veilige omgewing vaardighede geleer word en vir die wêreld van werk voorberei word (Nuus @StellenboschUni, 1 September 2021).
liggaamskondoom
liggaamsmusiek
liggaamsperkussie
ligseil
like
limitarisme
ling
linguistiek
liplek-
liplekker
liplek-lekker
litmus
LKHV
LLDPE
LLM
lmk
lobby
loep
loerbroer-tegnologie
lojaliteitspunte
lol
lont
Loslitafrikaans
Loslitdag
loslitdrag
losprysware
LTE
lugaanhalingstekens
lugbegrafnis
lugbraaier
lugtaxi
luidier
luikansie
luisterblog
luisterblogger
luistertaal
lus
lyfgaatjie
lyfjuwele
lyfkamera
lyfkuns
lyfprieming
lyn
lysartikel
M2M
maaf
maagkrul