Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
losprysware s.nw. [versamelnaam] (rekenaar) indringerware wat data enkripteer, waarna die kuberaanvaller(s) van die eienaar ’n som geld (dikwels kriptogeld) eis om die data weer toeganklik te maak: › Waar die Googles en Microsofts van die wêreld hulle darem nog aan wetgewing en die openbare mening moet steur, kom die groot kuberkrakers gereeld met moord weg – soms letterlik. Die gebruik van sogenaamde losprysware (ransomware) is een van die gewildste maniere vir dié ouens om geld te maak (Willem Kempen, Vrye Weekblad, 24 September 2021). › Losprysware enkripteer die slagoffer se inligting, wat hy dan nie kan gebruik nie. Die kuberkrakers dring aan op ’n losprys om die geënkripteerde inligting weer bruikbaar te maak (Johan Eybers, Rapport, 9 Februarie 2020). ◌ SINONIEM(E): gyselware ◌ ENGELS: ransomware
samestelling(s):
losprysware-aanval: › In Mei [2021] het ’n losprysware-aanval op [...] die VSA se grootste brandstofpypleiding tot skielike tekorte en ’n skerp styging in pryse by vulstasies gelei. Die Amerikaanse regering het gevolglik ’n noodtoestand in 18 Amerikaanse state afgekondig (Willem Kempen, Vrye Weekblad, 24 September 2021).
losprysware-bende: › In die wêreld maak losprysware-bendes amok, deels omdat die groeiende aanvaarding van kriptogeld soos bitcoin dit moontlik maak om groter en groter bedrae geld te kan ontvang sonder dat dit maklik nagespoor kan word (Willem Kempen, Vrye Weekblad, 24 September 2021).
liggaamsperkussie
ligseil
like
limitarisme
ling
linguistiek
liplek-
liplekker
liplek-lekker
litmus
LKHV
LLDPE
LLM
lmk
lobby
loep
loerbroer-tegnologie
lojaliteitspunte
lol
lont
Loslitafrikaans
Loslitdag
loslitdrag
losprysware
LTE
lugaanhalingstekens
lugbegrafnis
lugbraaier
lugtaxi
luidier
luikansie
luisterblog
luisterblogger
luistertaal
lus
lyfgaatjie
lyfjuwele
lyfkamera
lyfkuns
lyfprieming
lyn
lysartikel
M2M
maaf
maagkrul
macchiato
Machina sapiens