Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 29 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
liplek-lekker b.nw. [attr. en pred.] Ook lippelek-lekker
so smaaklik dat ’n mens jou lippe/vingers aflek: › Liplek-lekker hoender (Sonja Jordt, Weg!, 3 Julie 2020). › Dit is ’n liplek-lekker, vegetariese bykos (Hanri Wondergem, Beeld, 12 Junie 2020). › Albei seekatdisse is liplek-lekker (Rapport, 15 Maart 2020). › Prikkel jou smaakknoppies dié sonnige seisoen met ’n #DieLekkerLewe-somertoebroodjie. Dis blitsvinnig, doodmaklik en liplek-lekker (Huisgenoot, 22 Oktober 2018).
◌ SINONIEM(E): watertandlekker
◌ ENGELS: lip-licking good
leunstoelsitter
leunstoelsjef
leusisme
leusisties
Lewy-liggaamsiekte
LGBT trots
LGBTQ
LGBTQIA
LGBTQQIAAP
libtert
liederatuur
liefdesroman
liggaamsjuwele
liggaamskondoom
liggaamsmusiek
liggaamsperkussie
ligseil
like
limitarisme
ling
linguistiek
liplek-
liplekker
liplek-lekker
litmus
LKHV
LLDPE
LLM
lmk
lobby
loep
loerbroer-tegnologie
lojaliteitspunte
lol
lont
Loslitafrikaans
Loslitdag
loslitdrag
losprysware
LTE
lugaanhalingstekens
lugbegrafnis
lugbraaier
lugtaxi
luidier
luikansie
luisterblog